Operasie Een Ding

stel bekend

Missie Oorwin
Missie Oorwin
Ons nooi elke gemeente saam op 'n oorwinningstog na die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld

"Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei." 2 Kor 2:14

Operasie een Ding se Oorwinningsplan
1. Operasie Een Ding se Mobilisasieplan

Operasie Een Ding wil gemeentes en Christene regoor die wêreld mobiliseer om betrokke te raak by die voltooiing van die Groot Opdrag. Op hierdie bladsy kan die boodskap wat Operasie Een Ding uitdra, gelees word. Verskillende media word gebruik om hiermee te help, digitaal sowel as in druk. Die Passie Van Die Evangelie boodskap is een manier.

2. Operasie Een Ding se Wêreldsendingplan

Operasie Een Ding is ten diepste bewus daarvan dat geen enkele bediening die doelwit alleen kan bereik nie. Die geheim lê in samewerking. Ons is almal deel van een groot span en Operasie Een Ding wil graag 'n positiewe rol speel om hierdie visie te bevorder. Operasie Een Ding wil ander bedieninge finansieel ondersteun wat betrokke is by die uitdra van die Bybel en die Evangelie na elke volk, stam en taal en die voltooiing van die Groot Opdrag, insoverre die Here dit vir ons finansieel moontlik maak. Deur finansiële ondersteuning wil Operasie Een Ding hierdie bedieninge ondersteun om hulle taak meer effektief en teen 'n versnelde pas uit te voer.

Bedieninge wat Operasie Een Ding wil ondersteun sluit die volgende in:

  • Bybelvertaling in die onbereikte tale wat deel is van die 2033 beweging. Lees meer hier.
  • Bedieninge wat die Bybel en die Evangelie in 'n formaat, taal, of medium beskikbaar stel aan die onbereikte wêreld wat hulle kan verstaan.
  • Bedieninge wat die Evangelie deur middel van die digitale media uitdra na die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld.
  • Bedieninge wat regstreeks deur opleiding, sendingwerk en kerkplanting betrokke is in die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld.
  • Bedieninge wat betrokke is by die mobilisering van die Kerk vir die voltooiing van die Groot Opdrag en die oordra van die Operasie Een Ding visie.
3. Die Projek KuberWêreld Netwerkplan

Projek KuberWêreld is 'n uitreikbediening wat fokus op die uitdra van die Evangelie van Jesus Christus na die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld deur middel van die digitale media. Operasie Een Ding het oorspronklik as 'n bediening van Projek KuberWêreld ontstaan, maar vir praktiese redes 'n bediening van Operasie Een Ding geword.

Die doelwit van die Projek is om 'n netwerk van gemeentes regoor die wêreld te mobiliseer om direk betrokke te wees by die uitdra van die Evangelie na die onbereikte wêreld deur middel van die digitale media. Gemeentes word hiermee gehelp deur 'n opleidings- en ondersteuningsprogram. Wanneer gemeentes regoor die wêreld op 'n gefokusde wyse betrokke raak by digitale verspreiding van die Evangelie, sal dit 'n enorme bydrae lewer om die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te bereik. Lees meer oor Projek KuberWêreld by hierdie skakel.

4. Operasie Een Ding se 1% Geloofsofferplan

Om Missie Oorwin te verwesenlik is dit ons doelwit om kinders van die Here wêreldwyd te mobiliseer om hulleself daartoe te verbind om 'n geloofsoffer van 1% of meer van hulle maandelikse inkomste vir Operasie Een Ding se oorwinningsplan te maak. Sal jy een van hulle wees?

Die Oorwinningsgeheim
Hoe gaan ons dit regkry om die onbereikte wêreld met die Evangelie te bereik? Die geheim is in jou hand! Jy is die onmisbare skakel! As elke kind van die Here sy deel doen, sal ons die doel bereik! Die legkaart sal onvoltooid bly sonder jou stukkie. Sal jy saam met ons by die oorwinningstog aansluit?
Die Vermiste Skakel
Hierdie video verklap die geheim. Hier sien jy wat sal gebeur wanneer kinders van die Here 'n gemeenskaplike visie verkry -- ons sal saam die Evangelie van Jesus Christus 'skuif' tot aan die end van die sendingveld. Om dit 'n werklikheid te laat word is Jou betrokkenheid noodsaaklik!
Klim vandag op die Operasie Een Ding trein en word 'n Eendinger om die Groot Opdrag van Jesus Christus te help voltooi!
So klim jy op

Voltooi en stuur die vorm hieronder om te registreer as 'n Eendinger en om inligting van Operasie Een Ding te ontvang. 'n Eendinger is iemand wat Operasie Een Ding se visie deel en op een of ander wyse betrokke wil wees om die Evangelie te help uitdra na die onbereikte wêreld.  

Ons hou streng by 'n 'GEEN-SPAM' beleid. Jou privaatheid is ons hoogste prioriteit en ons onderneem om jou inligting met niemand buite te deel nie. Jy mag enige tyd onttrek en jou naam van die Operasie Een Ding eposlys verwyder deur die skakel onderaan enige epos te volg.

| Operasie Een Ding |
| Visie 2033 | Ons Boodskap |
| Missie Oorwin |
| Die Passie Van Die Evangelie |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2022 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.