Projek KuberWêreld


Projek KuberWêreld is 'n Bybelgefundeerde evangelisasie bediening wat die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie van Jesus Christus bereik deur die internet en digitale media. Met behulp van die Internet word mense met die Evangelie bereik waar geen sendeling, Bybel of Christelike hulpmiddel toegang het nie. Sedert 2013 het Projek KuberWêreld reeds miljoene met die Evangelie bereik deur die internet.

Die onbereikte wêreld word spesifiek geteiken en meeste van hierdie mense woon in ongeëvangeliseerde lande van die wêreld, soos Afghanistan, Burma, Bangladesh, Pakistan, Somalië, Nepal, Algerië en ander. Om ons teikenvelde te bereik plaas ons advertensies en flitse op internet media soos Facebook, waardeur ons spesifieke sendingvelde teiken.

Projek KuberWêreld teiken die Onbereikte Wêreld met die Evangelie met behulp van webblaaie en boodskappe wat spesiaal geskep word vir ons gehoor. Die Help Me Find God webblad is een van ons webblaaie wat spesifiek geskep is om mense van ander gelowe bloot te stel aan die Bybel as Woord van God en die Evangelie van Jesus Christus.

Gedurende 2017 alleen het Projek KuberWêreld meer as 1,500,000 persone in die mins-geëvangeliseerde wêreld met die Evangelie bereik met 'n baie klein begroting.

Terwyl Projek KuberWêreld uit die 'lug' die ‘bomme’ van die Evangelie ‘afgooi’ op lande wat gesluit is vir die Evangelie, ‘veg’ ons vennoot, Capro Missions, met meer as 650 inheemse ‘grondsoldate’ (sendelinge) op die grond -- in meer as 30 lande, in meer as 70 onbereikte groepe -- regdeur Afrika tot in die 10/40 venster lande om die Evangelie uit te dra na die Onbereikte Wêreld. Ons mobiliseringsbediening staan bekend as Operasie Een Ding.

Ons nooi jou om deel te word van Operasie Een Ding en Visie 1 Biljoen om een biljoen mense in die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie te bereik binne die volgende vyf jaar en sodoende Jesus se Groot Opdrag te help voltooi. Vir meer besonderhede oor Visie 1 Biljoen, volg die skakel hieronder.

Visie 1 Biljoen

Klim vandag op die Visie 1 Biljoen trein en word 'n vriend van Operasie Een Ding
Voltooi en stuur die vorm hieronder om op die Visie 1 Biljoen trein te klim

Voltooi en stuur die vorm hieronder om te registreer as 'n vriend van Operasie Een Ding en om inligting op 'n weeklikse basis van ons te ontvang wat jy weer met ander kan deel. Let wel, jy is onder geen verpligting om finansieel betrokke te wees om jou naam op die vriendelys te plaas nie!

Ons hou streng by 'n 'GEEN-SPAM' beleid. Jou privaatheid is ons hoogste priortiteit en ons onderneem om jou inligting met niemand anders te deel nie. Lees ons Privaatheid Beleid hieronder. Jy mag enige tyd onttrek en jou naam van die Operasie Een Ding vriendelys verwyder deur die skakel onderaan enige epos te volg.

Na Bo
| Tuisblad | Die Basuin |
| Vyf Groot Opdrag-stellings |
| Missie Oorwin |
| Visie 1 Biljoen | Visie 1 Persent |
| Omtrent Ons | Kontak Ons |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2016-18 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.