Om Visie 1 Biljoen te kan bereik moet Visie 1 Persent ook in plek wees.
Visie 1 Persent

Visie 1 Persent stel ten doel om Christene te mobiliseer om 1% van hulle inkomste per maand te gee om die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie te bereik en so te help om Jesus se Groot opdrag te voltooi.

Ses redes waarom Een Dingers met oorgawe 1% of meer vir hierdie Een Ding gee!
1. Om nie slegs betrokke te wees by Jesus se Groot Opdrag nie, maar om dit as 'n saak van dringendheid, te help voltooi. Lees meer.

2. Omdat voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag die primêre bestaansdoel van die Kerk, en daarom ons hoogste prioriteit is. Lees meer.

3. Omdat voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag deel is van God se spesifieke roeping en plan vir elke Christen. Lees meer.

4. Omdat voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag die wederkoms van Jesus Christus verhaas. Lees meer.

5. Omdat ons betrokkenheid by die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag ander Christene en die kerk motiveer en mobiliseer om dit ook hulle hoogste prioriteit te maak.

6. Omdat hierdie 1% addisioneel is tot wat ons reeds gee. Ons neem nie weg by die kerk en ander sendingaksies om 1% te gee nie - ons knyp dit af van ander dinge wat minder belangrik is.
So help jy om Visie 1 Miljoen te bereik
Pilaar 1. Om vir die bereiking van die hele wêreld met die Evangelie en vir Visie 1 Biljoen in die besonder te bid.

Pilaar 2. Om te help om ander Christene te mobiliseer om Een Dingers te word en saam met jou op die Operasie Een Ding trein te klim. Operasie Een Ding sal jou hiermee help en al wat jy hoef te doen is om die mobilisering boodskappies en eposse wat ons vir jou stuur twee of drie maal per week, weer met jou vriende en op jou sosiale media te deel. Ons sal geen druk op jou plaas of teikens aan jou stel nie. Letterlik, al wat jy hoef te doen is om die boodskappies en flitse wat ons vir jou stuur weer met andere te deel - en daarmee sal ons jou ook help. Dit is so maklik soos om 'n knoppie te druk! Jy hoef niks te doen waarmee ons jou nie sal help en dit maklik maak nie. Ons sal niks van jou verwag wat jy nie wil of kan doen nie.

Pilaar 3. Een Dingers gee die eerste 1% of meer van hulle inkomste vir Visie 1 Miljoen en die bereiking van die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld, met die doel om Jesus se Groot Opdrag te help voltooi - omdat hierdie saak hulle hoogste prioriteit is.
Klim vandag op die Visie 1 Biljoen trein en word 'n vriend van Operasie Een Ding
Voltooi en stuur die vorm hieronder om op die Visie 1 Biljoen trein te klim

Voltooi en stuur die vorm hieronder om te registreer as 'n vriend van Operasie Een Ding en om inligting op 'n gereelde basis van ons te ontvang wat jy weer met ander kan deel. Let wel, jy is onder geen verpligting om finansieel betrokke te wees om jou naam op die vriendelys te plaas nie!

Ons hou streng by 'n 'GEEN-SPAM' beleid. Jou privaatheid is ons hoogste priortiteit en ons onderneem om jou inligting met niemand anders te deel nie. Lees ons Privaatheid Beleid hieronder. Jy mag enige tyd onttrek en jou naam van die Operasie Een Ding vriendelys verwyder deur die skakel onderaan enige epos te volg.