Operasie Een Ding
Operasie Een Ding help om die hele wêreld met die Evangelie te bereik met behulp van digitale media -- deur Christene, gemeentes en bedieninge te mobiliseer en te bemagtig om hierdie doel te help verwesenlik.
Die Digitale Tegnologie
Ons glo dat die digitale eeu waarin ons leef deur God bestem is om Sy Kerk se afspraak met die nasies te volbring en dat Hy elke Christen oproep tot betrokkenheid!
Hierdie EEN DING waarna ons streef is ...
Die Evangelie vir die hele wêreld. Om elke volk, stam en taal met die Evangelie te help bereik - ter voorbereiding vir die wederkoms van Christus!
"This generation can only be reached by this generation." ... "No one has the right to hear the gospel twice, while there remains someone who has not heard it once."

Dr Oswald Smith.
Dit is ons oortuiging dat die bereiking van elke nasie, volk, stam en taal met die Evangelie, elke Bybelgelowige gemeente en Christen se primêre fokus behoort te wees. Ons is nie tevrede om slegs by sending betrokke te wees nie - ons mik vir die doel op 'n strategiese wyse - om die taak van die Groot Opdrag te help voltooi.
"Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is." Fil 3:13
Ons huidige projekte en bronne:
Scripture Educational Programs
Scripture Educational Programs
Help Me Find God
Help Me Find God
Find Your Purpose
The Secret Of God's Purpose
SEPrograms YouTube Channel
SEPrograms YouTube Channel
Projek KuberWêreld
Projek KuberWêreld
Vind Jou Doel
Vind Jou Doel
Jaag Na Die Doel
Jaag Na Die Doel
Leef In Oowinning
Leef In Oorwinning
Operasie Een Ding se Missie
Om Christene en die Kerk te mobiliseer en te bemagtig om die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld te help bereik met die Evangelie. Deur middel van ons huidige projekte, Scripture Educational Programs en Projek KuberWêreld, stuur ons die Evangelie die wêreld in met behulp van digitale media -- en lei ons andere op om dieselfde te doen.
| Operasie Een Ding Tuisblad |
| Ons Visie | Ons Boodskap | Ons Plan |
| Hoe Om Betrokke Te Raak | Inligtingsbladsy |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2025 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.