Vyf Twee-Snydende Bybelse Groot-Opdrag-Stellings!

Aangebied deur Operasie Een Ding
Groot Opdrag Stellings

Vyf lewensbeslissende Groot Opdrag-stellings wat elke Christen moet hoor

-- Wat jou lewenskoers kan verander
— Wat ’n enorme invloed op jou geestelike groei kan hê
-- Wat 'n belangrike rede is waarom sommige kerke doodbloei
--- Wat 'n belangrike rede is waarom baie Christene nie geestelik groei nie
-- Wat 'n belangrike rede is waarom baie kerke en Christene in misleiding verval
-- Wat 'n belangrike rede is waarom die Here nie gebed vir herlewing antwoord nie
-- Wat 'n belangrike rede is vir baie van die verdeeldheid in die Kerk en onder Christene
1. Jesus Christus roep die Kerk en elke Christen tot betrokkenheid by die voltooiïng van Sy Groot Opdrag — en as jy nie is nie, is jy nog buite God se volledige wil en plan vir jou lewe!
2. Jesus se Groot Opdrag sal voltooi wees wanneer die Evangelie tot elke mens op aarde se beskikking is. Jesus se Groot Opdrag is nie slegs om die Evangelie te verkondig nie, maar om die Evangelie aan die hele wêreld - elke nasie, volk, stam en taal te verkondig! Daarom moet die evangelisering van die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld die Kerk, en elke Christen se hoogste priorititeit wees.
3. Daar is ’n verskil tussen betrokkenheid by sending en betrokkenheid by die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag. Jesus Christus roep elke Christen en gemeente op, nie slegs tot sendingbetrokkenheid nie, maar ook tot betrokkenheid by die voltooiïng van Sy Groot Opdrag.
4. Die Groot Opdrag is aan die Kerk gegee om te voltooi en is die primêre bestaansdoel van die Kerk - en as jy deel van die Kerk is, is die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag ook jou primêre aardse doel.
5. Die Groot Opdrag sal voltooi wees met Jesus Christus se wederkoms - en wanneer die wederkoms gaan plaasvind hang af van die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag. Die wederkoms van Jesus Christus hang nie af van wanneer die Bybelse wederkomsprofesieë in finale vervulling gaan nie -- die finale vervulling van Bybelse wederkomsprofesieë hang af van wanneer die Groot Opdrag voltooi is!

Lees meer oor die bogenoemde stellings in

Die Passie Van Die Evangelie

Lees meer oor die bogenoemde stellings in die volgende artikels:
God se Skeppingsdoel vir die Mens
Die Bruid van Christus - Feit of Fobie?
Die Passie van God vir die Wêreld
Die Wêreld van God se Passie
Jou Passie vir God en Sy Wêreld
Ses Dinge waarmee God nie Besig is nie
Wanneer sal die Onbereikte Wêreld met die Evangelie bereik word?
Die Wederkoms — Twee Dinge Waaroor die Kerk Eensgesind Moet Wees
Wanneer sal Jesus Christus Weer Kom?
In die Laaste Pylvak of nie?
Die 10/41 Venster

Deur Dr Oswald Smith:
Is the Evangelization of the World the Supreme Task of the Church?
Will Christ Return to Earth Before the World has been Evangelized?
Why Should Anyone Hear the Gospel Twice before Everyone has Heard it Once?

As jy nie doelgerig betrokke is by die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag nie, mis jy God se primêre doel en plan met jou lewe hier op aarde.
| Operasie Een Ding |
| Visie 2033 | Ons Boodskap |
| Missie Oorwin |
| Die Passie Van Die Evangelie |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2022 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.