Operasie Een Ding
Operasie Een Ding is 'n mobiliseringsbediening met 'n fokus op die voltooiïng van Jesus Christus se Groot Opdrag - met die oog op Sy wederkoms.
Die Digitale Tegnologie
Ons glo dat die digitale eeu waarin ons leef deur God bestem is om Sy Kerk se afspraak met die nasies te volbring en dat Hy elke Christen oproep tot betrokkenheid!
Hierdie EEN DING waarna ons streef is ...
Die Evangelie vir die hele wêreld. Om elke volk, stam en taal met die Evangelie te help bereik - ter voorbereiding vir die wederkoms van Christus!
"This generation can only be reached by this generation." ... "No one has the right to hear the gospel twice, while there remains someone who has not heard it once."

Dr Oswald Smith.
Dit is ons oortuiging dat die bereiking van elke nasie, volk, stam en taal met die Evangelie, elke Bybelgelowige gemeente en Christen se primêre fokus behoort te wees. Ons is nie tevrede om slegs by sending betrokke te wees nie - ons mik vir die doel op 'n strategiese wyse - om die taak van die Groot Opdrag te help voltooi.
"Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is." Fil 3:13
Operasie Een Ding se Missie
Om Christene en die Kerk te mobiliseer om deel uit te maak van 'n beweging wat fokus op die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld, met die oog op voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag.
| Operasie Een Ding |
| Visie 2033 | Ons Boodskap |
| Missie Oorwin |
| Die Passie Van Die Evangelie |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2022 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.