Passie Van Die Evangelie

deur
Elmer D Grobler

Die Passie Van Die Evangelie
Inhoudssopgawe

Inleiding

Die mees populêre lied ooit

Die lied, Amazing Grace, is waarskynlik die lied wat die meeste gesing en gehoor is, en steeds gesing en gehoor word in die geskiedenis van die wêreld. Dit is in 1772 geskryf deur John Newton en dit word geraam dat ongeveer 10 miljoen aanbiedinge van Amazing Grace jaarliks plaasvind. Die lied is in meer as 50 tale van die wêreld vertaal en word gesing deur kunstenaars, gehore, kerke en gewone mense. ‘n Menigte films, videos, opvoerings en opnames is reeds van die lied gemaak. Ek weet nie of daar nog ‘n lied is wat so ‘n geweldige impak op die mensdom gehad het as Amazing Grace nie. Amazing Grace getuig van ‘n passie — ‘n lewensveranderende passie!

Genade Onbeskryflik Groot

Daar is egter ‘n Bybelvers wat ‘n groter impak gehad het en steeds het — dit is Joh 3:16. Dit is ook geskryf deur ‘n John — in Afrikaans, Johannes. Interessant genoeg, Amazing Grace getuig van Joh 3:16 en is die grondslag van die lied! Joh 3:16 is die fondasie van 2,38 biljoen mense wat hulleself Christene noem en is reeds vertaal in minstens 1,600 tale van die wêreld. Die tragiek is egter dat daar nog by raming ‘n biljoen mense in die wêreld is wat nog nooit van Joh 3:16 of Amazing Grace gehoor het nie!  Maar weet jy wat is die tragiese van alles? Die grootste tragiek is dat vir ’n baie groot persentasie van hierdie 2.38 biljoen mense wat hulleself Christene noem, dit gladnie saak maak nie. Waarom nie? Omdat hulle nie ’n passie het vir die Evangelie nie! Massas belydende Christene sing en praat van die liefde van God sonder ‘n ware passie vir die Evangelie in hulle hart.

Herleef jou passie vir die Evangelie

Hoe is dit moontlik dat iemand hom– of haarself ‘n Christen kan noem sonder ’n passie vir die Evangelie? ‘n Belangriker vraag is egter, hoe kan ek my passie vir die Evangelie laat herleef? As hierdie twee vrae ‘n snaar in jou hart laat roer, is hierdie boodskap vir jou. In hierdie boekie wil ek die antwoord op hierdie en ander vrae gee, na aanleiding van die pad wat die Here met my gestap het. Dit is my gebed dat jy ‘n nuwe passie vir die Evangelie sal ervaar nadat jy hierdie boekie gelees het.

Opregte Jesus-liefde

Elmer Grobler

Die Passie Van Die Evangelie

“Want so lief het God het die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.”

“As die Evangeie nie jou passie is nie, moet jy jou Christenskap bevraagteken.”

Bestel Jou Boekie Hier

Alle wins op die verkope van Die Passie van Die Evangelie word aangewend vir die Operasie Een Ding visie

| Operasie Een Ding|
| Ons Visie | Ons Boodskap |
| Missie Oorwin |
| Die Passie Van Die Evangelie |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2022 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.