Operasie Een Ding

Stel bekend

Visie 2033
Vision One Thing 2033
Ons nooi jou aan boord die Operasie Een Ding trein terwyl ons kragte saamsnoer met sendingorganisasies en bedieninge wêreldwyd om die onbereikte wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te help bereik teen 2033.
Wat is Visie 2033?
Visie 2033 verteenwoordig die doelwit van 'n beweging van sendingaksies en bedieninge regoor die wêreld wat hulleself ten doel stel om die Evangelie van Jesus Christus beskikbaar te maak in 'n plek, formaat, medium en taal wat verstaanbaar en beskikbaar is vir elke mens op aarde teen die jaar 2033.

Die internet en digitale media vorm 'n toenemend belangrike rol om hierdie doelwit te bereik en baie van ons sendingvennote maak reeds ten volle van hierdie bron gebruik om die taak van die Groot Opdrag te help voltooi.

Waarom 2033?

In die jaar 2033 sal dit na raming 2,000 jaar na Jesus Christus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees wees. Met ander woorde die Kerk van Jesus Christus en die Kerkdispensasie sal dan 2,000 jaar oud wees.

Meer oor Visie 2033 by
Hierdie skakel
en
Hierdie skakel
Klim vandag op die Operasie Een Ding trein en word 'n Eendinger om die Groot Opdrag van Jesus Christus te help voltooi!
So klim jy op

Voltooi en stuur die vorm hieronder om te registreer as 'n Eendinger en om inligting van Operasie Een Ding te ontvang. 'n Eendinger is iemand wat Operasie Een Ding se visie deel en op een of ander wyse betrokke wil wees om die Evangelie te help uitdra na die onbereikte wêreld.  

Ons hou streng by 'n 'GEEN-SPAM' beleid. Jou privaatheid is ons hoogste prioriteit en ons onderneem om jou inligting met niemand buite te deel nie. Jy mag enige tyd onttrek en jou naam van die Operasie Een Ding eposlys verwyder deur die skakel onderaan enige epos te volg.

| Operasie Een Ding |
| Visie 2033 | Ons Boodskap |
| Missie Oorwin |
| Die Passie Van Die Evangelie |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2022 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.