Operation One Thing NPC
Maatskappy Sonder Winsbejag
Reg Nr 2025 / 695780 / 08
Direkteure: Ds Johan Grobler, Dr Frik Potgieter, Elmer Grobler
Daar is twee vlakke van betrokkenheid.
Op vlak 1 is daar drie maniere waarop jy betrokke kan raak by Operasie Een Ding:
Die eerste manier is om ‘n lid van Operasie Een Ding te word met ‘n inskrywingsfooi van R100 per maand -- en met jou gebedsondersteuning. ‘n Lid van Operasie Een Ding word ‘n Eendinger genoem. ‘n Eendinger is iemand wat die visie en uitdaging om die hele wêreld met die Evangelie te help bereik, aanvaar het. Elke Eendinger se lidmaatskapsfooi stel ons instaat om ongeveer 4,600 persone per jaar êrens in die wêreld digitaal met die Evangelie te bereik. Jou lidmaatskap van Operasie Een Ding maak van jou ‘n wêreld-evangelis! Besoek ons Inligtingsbladsy vir besonderhede hoe om in te skryf as 'n Eendinger, en ons bankbesonderhede.
Die tweede manier is deur mobilisering. Ons vertrou die Here vir 1,000 Eendingers om Operasie Een Ding se doelwit te help bereik. As elke Eendinger slegs een ander Christen mobiliseer om ook ‘n Eendinger te word, sal ons die doel binne ‘n relatiewe kort tydperk bereik. Die 'vlug' kan egter nie die uiteindes van die aarde bereik voor al die 'passasiers' aan boord is nie.
Mobilisering is ‘n voortdurende funksie en ons is absoluut afhanklik van Eendingers om die Een Ding-visie aan andere te help oordra. Dit behels onder andere die deel van Operasie Een Ding se inligting, videos, webblaaie en nuusbriewe met andere en op jou sosiale media. Deel gerus hierdie video met jou vriende.
Die derde manier hoe jy kan betrokke raak is deur self uit te reik op jou sosiale media. Op hierdie webblad verduidelik ons in besonderhede hoe enige persoon wat wil, op Facebook kan uitreik na die mins-geëvangeliseerde wêreld. Operasie Een Ding sal elke Eendinger op hoogte hou van alle bronne wat gepubliseer en gebruik kan word vir digitale uitreiking deur ons maandelikse nuusbrief.
Vlak 2 behels gespesialiseerde funksies en as die Here jou roep om hierby betrokke te raak is ‘n opleidingsfase ter sprake:
Skryf en produksie van uitreikmateriaal
Produksie van uitreikvideos
Produksie van uitreikwebblaaie
Digitale media en bemarking
Ons sal inligting omtrent toekomstige opleidingsprogramme aan alle Eendingers bekend maak.
Vir enige navrae kontak:
Elmer Grobler: 072 2022 744
Eposadres: op1ding@sepprograms.com
Kantoor: 068 956 1680
Kantoor Eposadres: opperoto@gmail.com