Operasie Een Ding

Omtrent Ons
Operasie Een Ding is 'n evangelisasie bediening wat die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie van Jesus Christus bereik met behulp van digitale tegnologie en -media en wil die Kerk van Jesus Christus mobiliseer om die Groot Opdrag van Jesus Christus te help voltooi.

Operasie Een Ding werk in vennootskap met evangeliese kerke en aksies oor denominasionele grense met die doel om die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te help bereik deur middel van die internet en digitale media.

Ons is: Bybelgefundeer - Evangelies - Interdenominasioneel - Nie-sektaries.

Operasie Een Ding staan onder leiding van:
Ds Johan Grobler
Ds Johan Grobler
Ds Johan Grobler is leraar van die Evangelies Gereformeerde Wonderboom Gemeente in Pretoria, met 'n hart en visie vir Jesus se Groot Opdrag.
Dr Frik Potgieter
Dr Frik Potgieter
Dr Frik Potgieter is 'n oogspesialis van Optimed Oog en Laser Kliniek in Pretoria met 'n hart en visie vir die Evangelie van Jesus Christus na die hele wêreld.
Elmer Grobler
Elmer Grobler
Elmer Grobler is 'n sendeling wat deur die Here geroep en voorberei is vir 'n digitale  Evangeliebediening na die mins-geëvangeliseerde wêreld.
Klim vandag saam op die Operasie Een Ding 'vlug' met die Evangelie na die uiteindes van die wêreld!
Bereik Die Wêreld