Operasie Een Ding

Stel bekend

Ons Visie
Operasie Een Ding Visie
Operasie Een Ding se visie is om 'n betekenisvolle rol te speel om die hele wereld met die Evangelie te help bereik met behulp van digitale media -- en om Christene, gemeentes en bedieninge te mobiliseer en te bemagtig om hierdie doel te help verwesenlik.
Ons ondersteun Visie 2033
Wat is Visie 2033?
Visie 2033 verteenwoordig die doelwit van 'n beweging van sendingaksies en bedieninge regoor die wêreld wat hulleself ten doel stel om die Evangelie van Jesus Christus beskikbaar te maak in 'n plek, formaat, medium en taal wat verstaanbaar en beskikbaar is vir elke mens op aarde teen die jaar 2033.

Die internet en digitale media vorm 'n toenemend belangrike rol om hierdie doelwit te bereik en baie sendingorganisasies maak reeds ten volle van hierdie bron gebruik om die taak van die Groot Opdrag te help voltooi.

Waarom 2033?

In die jaar 2033 sal dit na raming 2,000 jaar na Jesus Christus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees wees. Met ander woorde die Kerk van Jesus Christus en die Kerkdispensasie sal dan 2,000 jaar oud wees.

Meer oor Visie 2033 by
Hierdie skakel
en
Hierdie skakel
Klim vandag op die Operasie Een Ding vlug met die Evangelie na die uiteindes van die wêreld!
Bereik Die Wêreld
| Operasie Een Ding Tuisblad |
| Ons Visie | Ons Boodskap | Ons Plan |
| Hoe Om Betrokke Te Raak | Inligtingsbladsy |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2025 Operasie Een Ding.
Alle regte voorbehou.